Lise Roberts praat in Woensdag se program van RSG Landbou met die Agri Gauteng Jongboer-wenner, Anita Brown, oor haar betrokkenheid by veral die kweek van wortels by Greenway Farms. Luister nou na hierdie onderhoud.

Yolandé Roodt is daarna op haar pos met die nuutste wolmarkverslag. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna volg daar ’n gesprek met dr Danie Odendaal oor mankheid by beeste en watter rol ’n hoeftrimmer hierin kan speel. Luister nou na hierdie onderhoud.

Prof Danie Brandt het tydens die onlangse Agri Noord-Kaapkongres in Kimberley, ’n aanbieding gedoen oor die stand van grondonteiening. Koos du Pisanie, ons verslaggewer in die Noord-Kaap, het hom meer daaroor uitgevra. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ons sluit die program af met opwindende veiling wat eersdaags plaasvind. Dr Hendrik Meyer brei uit oor die Renostervallei Beefmasters-produksieveiling. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.