Junie trekkerverkope 43% meer

0

Estimated reading time: 1 minute

Trekkerverkope van 633 eenhede in Junie is byna 43% meer as die 444 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 27% meer as in 2020. In Junie is 30 stropers verkoop, 13 eenhede meer as die 17 wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 32% meer as verlede jaar.

Read it in English

Met die uitstekende somergewasse oor die algemeen, asook goeie vooruitsigte vir wintergewasse, bly optimisme in die bedryf vir landboumasjinerie hoog. Die meeste somergewasse is nou geoes en boere begin voorberei vir die komende somergewassseisoen.

Die huidige buitengewone vlakke van verkope dui daarop dat boere die geleentheid benut om toerusting te vervang. Dit sal waarskynlik oor die kort termyn volhou word. Huidige ramings dui daarop dat trekkerverkope vir die 2021-kalenderjaar tussen 15 en 20% meer as verlede jaar sal wees. – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie