Kaap Agri, die JSE-genoteerde landbouverwante kleinhandel-, handel- en dienste-groep, bly optimisties oor die vooruitsigte vir die landbou in Suid-Afrika, en verwag vanjaar ’n gedeeltelike herstel van verlore groei namate droogtetoestande in die Wes-Kaap verbeter.

Read it in English.

Dié optimisme is weerspieël tydens Kaap Agri se Algemene Jaarvergadering wat op 14 Februarie 2019 op Malmesbury gehou is.

Die uitvoerende hoof van Kaap Agri, Sean Walsh, het aan aandeelhouers gesê dat ondanks verlede jaar se droogtetoestande en regulatoriese vertragings in die kleinhandel-brandstofsektor, het die maatskappy groei in winsgewendheid behaal en is steeds op dreef om sy mediumtermyn-doelwitte te behaal.

Die Kaap Agri-groep is in vier afdelings gestruktureer – handel, The Fuel Company (TFC), Wesgraan en besproeiingvervaardiging – en die gediversifiseerde blootstelling aan ander kleinhandelsmarkte bied goeie vooruitsigte vir gesonde toekomstige groei.

“Kaap Agri bly goed geposisioneer vir groei met die sake-ontwikkelingsafdeling wat fokus op projekte, hetsy uitbreiding, oornames, samesmeltings en strategiese vennootskappe, regoor alle kanale. Ons gaan voort met pogings om bestaande aanbiedings by bestaande takke te optimaliseer, terwyl die handel-, brandstof- en gemaksvoetspoor uitgebrei word. Strategiese resultate word jaarliks geëvalueer en ons bly fokus op die lewering van die maatskappy se strategiese voorneme om winsgewendheid, wat die inflasiekoers aansienlik oorskry, te laat groei,” sê Walsh.

Sleutelsuksesse

In die boekjaar tot September 2018 het droogtetoestande ’n aansienlike uitwerking op die inkomste van Wesgraan asook die maatskappy se handelskanale gehad. Die koste van die droogte het na raming 11,3% van die geteikende 15% groei in herhalende verdienste beloop.

Herhalende wesensverdienste per aandeel het in die afgelope vyf jaar teen ’n jaarlikse saamgestelde groeikoers van 14,1% gestyg, en die jaarlikse saamgestelde groeikoers van aandeelhouerswaarde, gemeet aan die aandeleprys, teen 18,8% oor dieselfde tydperk.

Die handelsafdeling het ’n bydrae van 62,9% tot inkomste gelewer, en TFC ’n verdere 27,5%. Dit toon die hoë bydra van kleinhandel tot die groep. Dié twee afdelings het gedurende die jaar groei in winste behaal, terwyl Wesgraan en besproeiingsvervaardiging druk as gevolg van die droogte ervaar het.

“Die feit dat die handelswins-bydrae volgens kleinhandelkategorie nou dié van die agri inset-aanbodkategorie oorskry, is van noemenswaardige belang,” sê Walsh. “Dit dui op ons strategie van diversifikasie van die maatskappy se kleinhandelbedrywighede, en om die maatskappy se blootstelling aan die sikliese aard van agri inset-aanbodverkope te verminder.”

Walsh sê die sleutelsukses gedurende die jaar sluit in die voortgesette uitrol van nuwe kleinhandelwinkel-formate, voortgesette produktiwiteitsverbeterings in ruimte, voorraad- en arbeidsbenutting, voetspoor-uitbreiding in die kleinhandel-brandstofsektor, en jaar-tot-jaar groei in boumateriaal-kategorieë wat bo die sektor-tendense in die Wes-Kaap was.

“Ons bly relatief positief oor die mediumtermyn-vooruitsigte vir groei in die landbousektor,” sê Walsh. Hy het aan aandeelhouers gesê dat die maatskappy glo dat onteiening sonder vergoeding gefokus sal wees om maatskaplike ongelykheid konstruktief aan te spreek, terwyl dit ook kommersiële produksie sal ondersteun ten einde die land se voedselsekuriteitstatus te handhaaf.

Rakende korporatiewe bestuur, hou breë-gebaseerde swart aandeelhouers tans ’n belang ter waarde R726,9 miljoen in Kaap Agri.

Fokus op gemeenskapsontwikkeling

In terme van gemeenskapsontwikkeling, is die maatskappy daartoe verbind om op die onderwys en verwante programme te fokus ter ondersteuning van die nasionale prioriteite van die land. Hierdie programme sluit in:

  • Verbetering van toegang vir vroulike leerlinge tot skadudiens-geleenthede deur Kaap Agri se nuwe Young Stars-programme.
  • Ses-en-veertig hoërskoolleerlinge wat beurse van die Kaap Agri Beurskema-program ontvang het. Die program is nou in sy tiende jaar.
  • Kaap Agri Akademie het meer as 300 opkomende boere en ’n verdere 5 330 plaaswerkers opgelei sedert daar in 2009 daarmee begin is.
  • Vyf persent van Kaap Agri se aandele wat aan die Kaap Agri Employee & Farmworker BEE Trust uitgereik is. Die inkomste-begunstigdes is plaaswerkers, hul gesinne, plaaslike gemeenskapsprojekte en Kaap Agri-werknemers.
  • Inisiatiewe wat struikelblokke aanspreek rakende skool-afwesigheid, wat kan wissel van vervoer, gesondheid en welstand.
  • Voortgesette ondersteuning van landelike skole deur skenkings van verskaffer-gefokusde aanbiedings.

“Ons strategiese doel om te verseker dat al ons belanghouers beter daaraan toe is omdat die maatskappy bestaan, bly onveranderd. Terwyl ons strategiese voetspoor, fasiliteite en gedifferensieerde markbenadering mededingende voordele bied, handhaaf ons ons mens-gedrewe kultuur. Dié kultuur verseker dat ons ons werknemers bemagtig. Dit verseker ook hul verbintenis tot ons groei-filosofie, dat ons klante ons dryfkrag is wat ons sakebesluite lei, en dat ons ’n positiewe krag in die gemeenskap is waarin ons bedrywig is,” sê Walsh. – Persverklaring