Die 18de Suid-Afrikaanse Kaasfees, wat van 26 tot 28 April in Sandringham duskant Stellenbosch aangebied is, was volgens organiseerders, uitstallers en besoekers weereens ‘n groot sukses. Ons kyk in 29 Mei 2019 se aflewering van Grootplaas na ‘n insetsel hieroor.

Dan kuier Anouk Sijmonsma van die Produce Marketing Association oftewel PMA in die ateljee. Sy gesels oor hulle konferensie en handelskou wat binnekort in Kaapstad gaan plaasvind asook ander belangrike sake op die wêreld-varsprodukteradar.

Weerborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: BASF

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas