Kaasfees-kuiers oor die radio

281

Lise Roberts van RSG Landbou het onlangs die 2019 SA Kaasfees in Sandringham, Stellenbosch, besoek. Tydens die feesgeleentheid het sy verskeie interessante uitstallers raakgeloop. Al ooit gehoor van ‘n rooibostee-en-vodka-kombinasie? Dawie Watts vertel aan Lise Roberts wat die drankie eintlik behels en waarom juis hierdie kombinasie werk. Gewone tafelsout is ‘n algemene gebruiksartikel in die huis, maar daar is ander soorte sout ook beskikbaar. Lizel Maree gesels op RSG Landbou meer hieroor. Daar is ook lekker onderhoud met Yvonne Wellman wat praat oor byewasverpakking as ‘n alternatief vir plastiek. Lise Roberts het ook by Johanna Hall meer gaan uitvind oor die maak van Suid-Afrikaanse worcestersous. Luister nou na al dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.