Lise Roberts van RSG Landbou het onlangs die 2019 SA Kaasfees in Sandringham, Stellenbosch, besoek. Tydens die feesgeleentheid het sy verskeie interessante uitstallers en kennisse raakgeloop. Luister vir die volgende paar dae na al die lekker onderhoude.

Alikreukel, suurvye en piekelmossels is van die produkte waaroor die entrepreneur, Sarah Niemand van Blinkwaters Koöperatief op Buffeljagsbaai, met Lise Roberts van RSG Landbou gesels.

Die groenteboere van Philippi se waardetoevoeging groei van krag tot krag en Leon Ricks van die Kaapse Vlakte Landbouvereniging vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer van hulle suksesse.

Boere in die Karoo is bly oor die reën, maar die droogte is nog lank nie gebreek nie. Dissie Kruger vertel hoe veral die Bo-Karoo, goeie reëns ontvang het.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.