Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op die weeklikse gemiddelde Des’21 New York Futures-prys vir SLM 1/16″- (Duns A2) vesel, met inagneming van die wisselkoers.

Dit is egter belangrik om daarop te let dat hierdie slegs ’n verwysingsprys is en dat elke boer se finale prys bepaal word deur die toepaslike bemarkingsmodel, die werklike gehalte van die vesel en die aftrekking van kostes soos vervoer, pluiskoste, gradering, heffings, uitvoer, stoor en rente.



Hierdie gemiddelde weekprys word elke Maandagmiddag op die webwerf van Katoen SA gepubliseer en ook per WhatsApp aan belangstellende boere gestuur. Volg hierdie skakel: “Katoenprys WhatsApp-groep”, van jou foon af indien jy voortaan die inligting per WhatsApp wil ontvang, of stuur jou naam en selfoonnommer na enquiries@cottonsa.org.za. – Katoen SA-nuusbrief

Sien onderstaande vir die week se pryskommunikasie.