Foto 1: Herfskommandowurm of ‘Fall armyworm’ (Spodoptera frugiperda) (A Erasmus – ARC-GC).

Die Nasionale Wolkwekersvereniging het onlangs sy jaarlikse kongres gehou en in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons verteenwoordiger in die Oos-Kaap, Carin Venter, met twee mense oor die kongres: Gillau du Toit, die voorsitter van die NWKV, en die organisasie se hoof uitvoerende beampte, Leon de Beer. Luister nou na dié onderhoude.

As ’n mens die woord kommandowurm hoor, dan dink jy aan ‘n spesifieke soort wurm wat gewasse verniel. Daar is egter verskeie soorte kommandowurms en dr Annemie Erasmus van die Landbounavorsingsraad (LNR) verduidelik meer oor die tipes wat voorkom. Luister nou dié onderhoud.

Lise Roberts praat ook met ‘n Merinoboer, Dirk Hanekom, uit die Bredasdorp-omgewing oor sy liefde vir die ras. Luister nou na dié lekker onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.