Twee gereelde gaste maak weer op Dinsdag 27 November 2018 ‘n draai in die Grootplaas ateljee naamlik Frans van Eden en Dok Faffa Malan. Hulle gesels onderskeidelik oor rekordhouding by vee en dan meer oor veesiektes.

Kenners sal vir jou sê rekordhouding is die spil waarom ‘n veeboerdery moet draai, en is noodsaaklik vir groei en volhoubaarheid. Rekenmeester, Frans van Eden, vertel ons hoe veeboere deur middel van rekordhouding hul wins kan verhoog. Daarna vertel die bekende veearts, dok Faffa Malan, ons meer oor veesiektes, asook die voorkoming en beheer van hierdie siektes en hoe boere genoegsame inligting hieroor kan insamel.

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kalenderborg: Swavet

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas