Lise Roberts van RSG Landbou het onlangs saam met Bayer in die Badplaas-omgewing gaan kuier, waar ‘n interessante Dekalb-projek op die been gebring is om saad vinniger by kleinboere te kry. In Maandag se aflewering van die program kan u luister na wat die kleinboere en organiseerders te sê gehad het. Luister nou na dié onderhoude.

Daar is ook ‘n bydrae met Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging oor die afgelope Cleaver-toekennings waarin die land se top slaghuise elke jaar vereer word. Luister nou na dié onderhoud.

Dan is daar ook ‘n gesprek met prof Johnny van der Merwe van die Potchefstroom-kampus van die NWU, oor alternatiewe boerderymetodes. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas sluit die program af met die jongste veilingsnuus.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur FNB.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.