Dinsdag se RSG Landbou-program skop af by die melkbedryf. Poena van Niekerk, die melkerybestuurder by EDE Farming, gesels met Hennie Maas oor kleinboere in die melkbedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Reghardt Erasmus van Hoër Landbouskool Oakdale, het vanjaar tydens die Old Mutual Agri Insure Nasionale Jeugskoukampioenskap, die senior vleisbeeskategorie met ‘n Charolais gewen. Vind meer uit oor hom. Luister nou na dié onderhoud.

Lise Roberts het tydens Agri-Expo Livestock ook met die Daniël en Jaco van Deventer oor hulle jeugskouprestasies gesels. Hulle is onderskeidelik vyf en twaalf jaar oud. Luister nou na dié onderhoude.

Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA, is daarna aan die woord. Hy praat oor die verwagte diesel- en brandstofprys. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Kobus du Toit vertel ons meer oor die opkomende Vlakte Bonsmara-groep bulveiling. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur #Pioneer.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.