Klimaatsverandering speel ‘n belangrike rol in die rigting waarin die besproeiingsektor ontwikkel. In Maandag se uitsending van RSG Landbou praat Willem Botha van Netafim oor dié uitdagings en verduidelik hoe besproeiing doeltreffend aangewend kan word. Droogte is steeds ‘n realiteit in baie dele van Suid-Afrika en Nico Jansen van Agri Noord-Kaap vertel watter planne in dié provinsie beraam word om die droogte die hoof te bied. Luister nou na dié onderhoude.

Daar word ook gesels met twee mense wat betrokke is by een van die PLAAS Landboujeugstigting se Veeplaas-kuddes – Pierre Jansen van Rensburg van Weston Landbouskool en Dave Armitage, ‘n Beefmaster-boer. Hennie Maas is ook byderhand met die jongste veilingsnuus. Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.