Dr Johan Cloete van MSD Animal Health is eerste aan die woord in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy brei uit oor die oorsake van knopvelsiekte en hoe die oordrag van hierdie veesiekte verhoed kan word. Luister nou na dié onderhoud.

Die Droëboonprodusente-organisasie het vroeg in September hulle jaarkongres aangebied. RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap, Carin Venter, het dit bygewoon. Sy gesels met die hoofbestuurder van die organisasie, Chris Kleingeld, asook met die politieke analis en spreker, Theo Venter. Luister nou na dié onderhoude.

Daarna is Breyton Milford ook aan die woord en hy verduidelik wat besoekers van hierdie jaar se Agri-Expo Livestock op Sandringham kan verwag. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Hennie Maas bring ons op hoogte van die nuutste veilings. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur MSD Animal Health.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.