Die Nutri Feeds Moneymaker-koeikampioenskap het van die top “Moneymaker” vroulike diere regoor die land geïdentifiseer en stal dié diere by ALFA 2018 uit. Die kompetisie het groot belangstelling gelok en die ALFA 2018-terreinplan moes herbeplan word om al die kwalifiserende koeie te huisves.

Hoe lyk ’n Moneymaker-koei? Diere met ’n geboorte-aanmelding van 2008 of later kwalifiseer vir die kompetisie. Koeie mag dus nie ouer as tien jaar wees nie.

Kwalifisering behels die volgende:

  • Meer as sewe kalwers gespeen (in sommige rasse sal ses kalwers aanvaarbaar wees).
  • En meer as 50% manlike en vroulike nageslag in die ras opgeneem.

Byna 20 koeie wat aan die standaard voldoen, is reeds ingeskryf. Alle koeie wat kwalifiseer, sal by ALFA 2018 vertoon word en as Moneymakers gekroon word. Die kompetisie beoog om koei-eienskappe soos langslewendheid en hoë vrugbaarheid te beloon, sê Albert Loubser, mede-organiseerder van ALFA 2018. “Dit is vir ons belangrik dat produsente sien hoe lyk ’n topkoei met hoë produksiewaarde.”

Die volgende koeie het gekwalifiseer:

Ras Teler se naam Stoet se naam Koeinommer
Charolais Louwrens Viljoen Louwcoe Charolais CB 080016
Romagnola Dail van Rensburg Rensbou Ramagnola DT 08-149
Ankole Dail van Rensburg Rensbou Ankole DT 09-008
Afrikaner DJ van der Linde Geelbos Afrikaners NV080796
Simmentaler Jamie Berger Simberg Simmentalers JS1015
Simbra Kerneels Derksen Corzel Simbras CHD0980
Hereford Dr Hinner Koster Vicedale Herefords BMH0924
Beefmaster Frans Odendaal WO Beefmasters WO 08-306
Beefmaster Frans Odendaal WO Beefmasters WO 08-700
Bonsmara Sernick Bonsmara Sernick Bonsmara NFS 09-75
Santa Gertrudis Desmond Robertson Santarific Santa’s SP 08-0074
Limousin John Devonport Devlan Limousins DL 0935
Drakensberger Gawie Roux Talman Drakensberger-stoet KZ 15 107
Tuli Cornelis Rautenbach Nonnie Tuli-stoet CR 0858
Hugenote Mary Lochner Pan Lochner Boerdery SFF 10 1433
Braunvieh Gawie Naude Eduan Braunvieh N0826
Nguni Michiel van Niekerk Profitable Nguni Genetics Group MVN 09128
Boran Zippo Lamprecht Bloodline Boran CI08-76
Angus RC Malherbe Roechama Angus RCM 0833
Brangus Mornay Verster Le Roc Brangus LR0999
Brahman Riaan Theron RAT Brahmans RAT0823

 

Die Nutri Feeds Moneymaker-koeikampioenskap is een van verskeie opwindende geleenthede op die ALFA-program. ALFA 2018 vind van 18 tot 20 September 2018 by die Afridome in Parys plaas. Klik hier vir die volledige program. Klik hier om kaartjies te koop. – Persverklaring