In Woensdag se aflewering van RSG Landbou word daar gefokus op twee peste wat op plase voorkom en groot skade in die landbou kan aanrig. Dr Goddy Prinsloo van die Kleingraaninstituut op Bethlehem gesels oor die sogenaamde vals kommandowurm wat in plantgewasse voorkom. Luister nou na die onderhoud.

Daarna is dr Brent Sirrals van MSD Animal Health aan die woord. Hy brei meer uit oor beesvirusdiarree, oftewel BVD, en hoe dit amok kan maak onder veekuddes. Luister nou na die onderhoud.

Daar is ook nuus oor die jaarlikse ALFA vee-ekspo wat in September in Parys plaasvind. Albert Loubser vertel wat op vanjaar se program is. Luister nou na die onderhoud.

Ons sluit die program af met Ayanda Ntshangase. Sy gesels oor die Gauteng Agri-ekspo wat ook binnekort plaasvind. Luister nou na die onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur FNB.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.