Dié ram is vir die hoogste prys van R41 000 verkoop. Agter van links staan Renier Zietsman, GWK Humansdorp, Pen Marx, koper, Edrich Marx, koper, Cobus Vivier, stoetmeester van Konsortium-Merino en Gerio du Plessis, Konsortium-Merinoteler. Voor kniel Jakkie Nel, afslaer en Vuvi Tatubane, hanteerder.

Konsortium-Merino het ten spyte van die droogte ’n goeie veiling op 21 Februarie op die plaas Dombietersfontein in Victoria-Wes gehou. Om op ’n enkele dag 499 ramme te verkoop wil gedoen wees. Konsortium-Merino het hiermee ook hul huidige Suid-Afrikaanse rekord verbeter vir meeste ramme nog op ’n Merinoveiling verkoop, boonop teen ’n nuwe gemiddelde rekordprys van R7 402.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys ram: R41 000 (Koper: Pen Marx en Seun, Aberdeen)
  • Gemiddelde prys ramme: R7 402

Aangebied deur: GWK

Afslaer: Jakkie Nel