Hoe gaan ’n mens te werk om seker te maak dat jy goeie melkkoeie koop? Dr Carel Muller van Stellenbosch beantwoord hierdie vraag in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daar is ook ‘n gesprek met Hannes Smit oor selfvoerders vir vee en hy verduidelik waarna veeboere moet oplet sodat voer nie vermors nie. Luister nou na hierdie onderhoud.

Lise Roberts praat met dr Sonia Steenkamp van die Landbounavorsingsraad (LNR) oor die beheer van aalwurms. Luister nou na hierdie onderhoud.

Laaste aan die woord is Christopher Havenga, rasadviseur van die Boran Beestelersgenootskap. Hy gesels oor hulle komende nasionale Boran-veiling.

Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.