Die jaarlikse KragDag-ekspo bied ‘n inspirerende, leersame geleentheid in ‘n karnaval-atmosfeer aan. Alhoewel daar ‘n groot verskeidenheid genot en vermaak by die ekspo te beleef is, is hierdie geleentheid uniek daarin dat jy hier nie ‘n vermaaklikheidstoeskouer is nie, maar ‘n deelnemer in interaksie met dinge wat ‘n verskil in jou lewe kan maak. Die effek van die vryweesfilosofie wat ‘n integrale deel is van KragDag en die uitstallings wat hiermee handel, kan ‘n groot impak op jou lewe hê.

Gratis seminare en lesings

Tydens die ekspo is daar in die KragDag-raadsaal talle gratis lesings en paneelbesprekings deur bekendes en hoë-profiel kenners (20 sprekers oor die drie dae). Op die landbou-terrein word ‘n verskeidenheid aanbiedings en aktiwiteite oor talle boerdery-aangeleenthede in die twee landbousale gehou. Dit sluit in ‘n slaglamkompetisie en die Toyota SA Nasionale Afslaerskompetisie se streekskampioenskap.

Lees meer oor die landbou-aktiwiteite wat in die Hinterland en Veeteelttent gaan plaasvind.

Toyota SA Nasionale Afslaerskompetisie streeksrondte

Plaas Media se tydskrifte, Veeplaas en Stockfarm, bied die Noordwes/Gauteng streeksrondte van die Toyota SA Nasionale Afslaerskompetisie op 8 Augustus by KragDag aan. Skoolgaande afslaers jonger as 19 word genooi om deel te neem aan die junior rondte en aspirant afslaers tussen die ouderdomme van 19 en 35, kan aan die jong kategorie deelneem.

Wenners kry ook die geleentheid om vir die nasionale titel mee te ding in September by ALFA in Parys. Klik hier om meer te lees oor die afslaerskompetisie.

Wat jy nog by die KragDag-ekspo te wagte kan wees

  • 330 selfstandigheidstema-uitstallers.
  • 165 uitstallers in die landbou sub-ekspo.
  • 30 uitstallers in die opvoedkunde sub-ekspo.
  • 20 makerbeweging-uitstallings.
  • 50 junior entrepreneurs.
  • ’n Snuffelmark.
  • ’n Massiewe verskeidenheid verversings.
  • ’n Pretpark en vermaak wat enigiets insluit van ossewa- tot helikopterritte.

Kaartjieverkope

Besoekers kan aanlyn registreer met ‘n unieke e-posadres vir gratis toegang, of alternatiewelik kan hulle by die hekke kaartjies koop teen R90 per volwassene. Kinders onder die ouderdom van 18 kan gratis inkom. Volg die skakel om te registreer. – Sakeliga KragDag

Vir meer inligting stuur gerus ‘n epos na info@kragdag.co.za of skakel 087 231 1644.