Krone is bekend vir hul rondebalers met geslote baalkamers, waarin bale met behulp van ’n ketting-en-staaf-metode gerol word. Hierdie rondebalers het hul staal al reg oor die wêreld bewys as doeltreffende balers van kuilvoer, hooi en strooi.

Die aaneenlopende kettings en stawe werk om ’n hoëdigtheidsbaal van kort- en droëmateriaal te vorm, terwyl dit laag op laag in die baalkamer gedraai word. Hierdie stelsel beperk materiaalverliese, verg min onderhoud en eis min krag vanaf die trekker.

Rovic Baalkamer met ketting en stawe

Bellima F125

Krone se ekonomiese intreevlakbaler is met ’n 1,4m optelmeganisme toegerus wat hidroulies kan verstel, asook ’n meganisme vir toebind- en oopmaak-aksies wat met die trek van ‘n tou geaktiveer word. Dié baler is gebou om hard te kan werk.

Hoewel die toebind van die baal met tou gedoen word, is daar ook die opsie om ‘n net-meganisme. Die Bellima F125 is maklik om te hanteer en lewer ’n netjiese 1,2m baal.

Rovic Bellima 048

Fortima F1250

Die Fortima F1250, wat ook met ’n ketting-en-staaf-meganisme toegerus is, lewer ’n baal van 1,25m. Daar is ook ’n opsie vir ’n 1,55m baal.

Dié baler kom met ’n 2,05m ‘Camless’-optelmeganisme wat nie net minder onderhoud vereis nie, maar ook vinniger kan draai. Daarmee saam het die Fortima ook ’n invoerrotor wat die materiaal na die baalkamer invoer. Dit help om vinniger te beweeg en produktiwiteit te verhoog.

Die Fortima is ook met ’n kruissnyer (X-cut) beskikbaar, wat die materiaal sny voor dit in die baalkamer gaan. Alhoewel hierdie baler standaard met ’n net-meganisme toegerus is, kan dit ook met ’n toumeganisme voorsien word. Die Fortima se funksies word elektronies beheer en beskik oor ’n outomatiese smeerstelsel.

Rovic Camless Pickup

Comprima

Beskikbaar in F125, F155 en V180, bied die Comprima opsies met ’n vaste baalkamer, vaste/verstelbare baalkamer en ’n volledig verstelbare baalkamer. Die F125 lewer ’n baalgrootte van 1,25m, die F155 groottes tussen 1,25 en 1,5m, en die V180 groottes van 1 tot 1,8m.

Die Comprima-rondebaler is beslis ’n baanbreker in baal-tegnologie en spog met innoverende eienskappe soos die ‘Camless EasyFlow’-optelmeganisme en die ‘NovaGrip’-belt-en-staaf-meganisme, wat saam vir ’n drastiese verhoging in baaldigtheid en baalspoed sorg. Boonop lewer die Comprima ’n egalige produksie, met minder slytasie en derhalwe minder onderhoud.

Die Comprima is met ’n gevorderde elektroniese beheerstelsel toegerus.

Rovic Comprima F155 XC
Rovic Comprima NovaGrip Belt

Big Pack

Die Big Pack is ’n groot vierkantbaler wat in die 1270- en 1290 HDP-reekse in Suid-Afrika beskikbaar is. Beide dié balers is met ’n kruissnyer (X-cut) beskikbaar.

Die Big Pack 1270 lewer ’n baalgrootte van 120 x 70cm en die 1290 HDP lewer ’n baal van 120 x 90cm. Die sukses van die Big Pack lê in Krone se ‘Camless EasyFlow’-optelmeganisme en die unieke wisselende vulstelsel (variable filling system).

Die Big Pack 1290 HDP lewer tot 35% swaarder bale wat sorg vir optimale produktiwiteit en maksimum gewig op ’n vragmotor of laaikis. Dit kom ook met ’n volledige, elektroniese ISOBUS-beheerstelsel. In Suid-Afrika word die 1290 HDP standaard met ’n vogmeter en skaal voorsien, maar dit is ook beskikbaar vir die 1270-baler.

Oor die jare is die Big Pack as markleier gevestig, danksy Krone se uitstekende ondersteuning in die mark en voortdurende ontwikkeling op die produk.
Willie Human, bestuurder, Rovic Leers

Rovic Krone Big Pack 1290 HDP XC

Krone word met trots in Suid-Afrika deur die Rovic Leers-netwerk verskaf. Besoek www.rovicleers.co.za vir meer inligting oor Krone se volledige reeks balers of kontak Rovic Leers by 021 907 1700 (Kaapstad), 011 396 6200 (Johannesburg) of 033 346 2727 (Pietermaritzburg).