In Maandag 26 November 2018 se uitsending van Grootplaas kuier SA Stamboek en Agri SA in die ateljee wanneer ons op veeteling en werkloosheid fokus.

Die landboubedryf rus beslis nie op sy louere wat vooruitgang en tegnologie betref nie. Genetiese vordering en verbetering van veekuddes is veral een van die groot fokuspunte van die Suid-Afrikaanse veebedryf. SA Stamboek het egter met die tyd ‘n hele klompie verslae ontwikkel wat besluitneming in dié verband kan ondersteun en vergemaklik. Schalk Greyling gesels nou met ons oor hoe kuddes deur middel van teling verbeter kan word.

Die nasionale werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal van die jaar, met dertig basispunte toegeneem. Die uitgebreide werkloosheidsyfer staan tans op 37,3 persent. Dié persentasie is nóg hoër in landelike gebiede. Jahni de Villiers van Agri SA gesels nou oor hierdie probleem, en wat rolspelers te doen staan.

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kalenderborg: Swavet

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas