Kuilvoermaak is ‘n belangrike aspek van enige beesboer se voermaak-aktiwiteite. In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou gesels Hennie Maas met Richardt Venter van AgSci oor patogenisiteit in kuilvoer – gifstowwe waarvan mens bewus moet wees. Daar is ook ‘n uiteensetting deur Johan Taljaardt oor hoe boere grafte op hul plase moet hanteer. Dr Laetitia Fly van Zoetis gesels ook oor die maatskappy se ALPHA-projek waardeur landbouers in sekere Afrikalande hulp kry met die bestryding van veesiektes. Soos gewoonlik is Yolandé Roodt ook op haar pos met die wolmarkverslag. Luister nou dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Zoetis.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.