Voorsorg is beter as nasorg, veral wat besproeiing betref. Kenners meen twee komponente is hier van belang: die veldgedeelte (blokke met verskillende toedieningsmeganismes en blokkrane, pyplyne en lugkleppe) en die pomphuisgedeelte (watervoorsiening, filtrering en die voedingbesproeiingstelsel). Dit is veral uiters belangrik dat hierdie instandhouding reg gedoen word om te verseker dat die hele besproeiingstelsel reg funksioneer. Luan Retief van Cherry Irrigation gee raad in dié verband.

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.