Verskeie belangrike sake gaan onder bespreking kom tydens die gesprekke in die Nasie in Gesprek-reeks wat tydens Nampo Kaap aangebied word. Jy kan dié gesprekke regstreeks volg. Skakel môreoggend (12 September 2018) vanaf 9:30 in. Klik op ‘GET NOTIFIED’ om ‘n herinneringsboodskap te ontvang wanneer die gesprek afskop.

Die Nasie in Gesprek-program by Nampo Kaap skop op Woensdag, 12 September, af. ’n Gesprek oor die skep van nuwe energie in landbou vind van 9:30 tot 11:00 plaas. Theo Vorster van Galileo Capital sal die gesprek lei en met Francois Strydom, Chris Burgess, Jannie de Villiers, Alan Winde en André Uys gesels.

Die middagsessie op 12 September vind van 14:00 tot 15:30 plaas. Die rol van intensiewe veeboerdery in volhoubare vleisproduksie, met spesifieke fokus op skaapboerdery, gaan bespreek word. Dr Karin Wessels en Dr Louis du Pisani is onder die gaste.

Die dialoë gaan voort op Donderdag, 13 September. Jannie de Villiers, hoof uitvoerende beampte van Graan SA, gaan ’n gesprek oor die toekoms van die garsbedryf lei. Hy gaan met Josh Hamman, Ernest Pelser, RD Erasmus en Gert Claassen gesels. Die middagsessie word weer deur Theo Vorster aangebied en daar word gesels oor onderrig by landbou-onderriginstansies. Theo gaan onder andere met André Latsky, Johann Kirsten en Mohammed Karan gesels.

Die oggendgesprek op Vrydag, 14 September, fokus op die jeug en geleenthede vir die jeug om landbou te bevorder, ten spyte van uitdagings in die bedryf. Theo Vorster, Dirk Strydom, Jacky Goliath en ander gaste gaan hieroor gesels.

Vir meer inligting oor die program, kontak Ronel Botha by 082 875 3914 of ronel@brepublic.co.za.