Dawie Klopper van PSG het tydens ’n fees wat gehou is na afloop van oestyd op Kakamas, met die landbouers en sakemanne gesels oor die stand van die ekonomie en wat Suid-Afrikaners in die afsienbare tyd kan verwag, veral met die nasionale verkiesing wat op pad is. Die talle ekonomiese kwessies en ondersoeke wat aan die gang is, laat ook menige Suid-Afrikaanse belegger se hare regop staan. Ons RSG Landbou verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het met Dawie Klopper van PSG gepraat oor die toekoms van landbou. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur OVK.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.