Landbou groet ‘n legende

2768

Dit is met leedwese en groot hartseer dat die landbouwêreld vanoggend kennis geneem het van die bekende en beminde dr Jasper Coetzee se afsterwe, na ‘n baie lang siekbed. Jasper het vir jare met kanker geworstel en moes uiteindelik op 5 November die stryd gewonne gee. Hy laat sy vrou, Johanna, en sy familie, vriende en landbougenote agter.

Jasper het gedurende sy suksesvolle loopbaan vir bekende voermaatskappye gewerk en ook konsultasiewerk verrig. Hy was ook bekend vir sy skryfwerk en het vir jare vir Veeplaas en verskeie ander landboutitels geskryf. Sy diepliggende kennis van presisievoeding en presisieboerdery in veral kleinveeproduksiestelsels, het van sy artikels en artikel-reekse versamelstukke gemaak.

Hy was voorwaar ‘n meester en spesialis op sy gebied en ons gaan sy kennis, maar ook die passie waarmee hy sy kennis so graag gedeel het, mis.

Rus in vrede Jasper.

Twee groot geeste in die landbou: Dok Faffa Malan (links) by dr Jasper Coetzee gedurende Oktober vanjaar.