In 19 September 2018 se aflewering van Grootplaas kyk ons hoe landbouers hulle sangstemme letterlik dik maak. Die Agri’s Got Talent-sanginisiatief is ‘n paar jaar gelede deur verskeie rolspelers in die bedryf op die been gebring. Die doel is om erkenning te gee aan werkers op wyn- en vrugteplase, sowel as kelders en pakhuise, en om hulle sangtalente ten toon te stel. Kyk op Grootplaas na ‘n lekker insetsel hieroor.

Dan kuier Elsa Esterhuizen saam Frits van Oudtshoorn van Africa-Land Use Training. Hy gesels oor weidingsgrasse en hoe dit aangewend moet word. Die gesprek fokus onder andere ook op die volhoubaarheidsaspek van weidings.

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas