Dr Frikkie Maré, landbou-ekonoom en akademiese hoof van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig van die vorige maand se landboumarkte. Hierdie is die oorsig vir Januarie 2020.

Mieliemark

Die prys van geelmielies het gedurende Januarie wisselvallig vertoon met onsekerheid oor die grootte van die nuwe oes wat die mark beïnvloed het. Die mark het gesluit op R2 825/ton.

Geelmielieprys (Bron: Statistiek SA)

Ekonomiese aanwysers

Die rand het gedurende Januarie feitlik konstant veld verloor teenoor die vernaamste geldeenhede. Aan die einde van die maand het dit teen onderskeidelik R14,98 en R16,62 teenoor die dollar en euro verhandel het. Beide verbruikersprysinflasie (VPI) en produsenteprysinflasie (PPI) het gestyg tot onderskeidelik 4% en 3,4% op ‘n jaar-tot-jaar grondslag in Desember.

Die prima-uitleenkoers is in Januarie tot 9,75% verlaag. Slegte nuus is dat die ekonomiese groei vir die derde kwartaal van 2019, voorgestel deur die BBP, gedaal het tot 0,1% op `n jaar-tot-jaar grondslag. Kwartaal-op-kwartaal het die ekonomie met 0,6% ingekrimp.

Wisselkoers (Bron: Statistiek SA)
Ekonomiese aanwyser (Bron: Statistiek SA)
Ekonomiese groei (Bron: Statistiek SA)

Rooivleismark

Gedurende Janurie het die mark vir al drie grade skaapkarkasse skerp gedaal vanaf hoë Desemberpryse, terwyl die prys van beesvleis egter verbeter het in die selfde tyd. Die laaste beskikbare pryse vir beesvleis in Januarie was R45,40/kg vir A2, R41,32/kg vir B2 en R39,95/kg vir C2. A2, B2 en C2 lam- en skaapkarkasse se laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R71,80/kg, R55,96/kg en R53,63/kg.

In die geval van speendiere het die prys van beide lammers en kalwers gestyg. Die laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R32,56/kg vir kalwers en R32,75/kg vir lammers. Die pryse van huide-, merino- en dorpervelle het redelik sywaarts beweeg.

Beesvleis (Bron: RVAV)

Skaapvleis (Bron: RVAV)
Speenkalwers- en lammers (Bron: RPO)
Velle en huide (Bron: RVAV)

Wol- en bokhaarmark

Die wolmark het gedurende Januarie effens gedaal terwyl daar geen veilings in Januarie vir bokhaar was nie. Die skoonwolaanduider het tydens die laaste veiling in Januarie 0,5% laer verhandel as tydens die vorige veiling, en 24% laer as `n jaar gelede. Die aanduiderprys van sybokhaar het tydens die laaste veiling in Desember gedaal en 2,3% laer gesluit as tydens die vorige veiling en 27,4% laer as `n jaar gelede.

Wolmark (Bron: Cape Wools SA)
Wolmark (Bron: Cape Wools SA)
Sybokhaar (Bron: Sybokhaar SA)
Sybokhaar (Bron: Sybokhaar SA)

Suiwelmark

Die produsenteprysindeks (PPI) van melk en eiers het in Desember gestyg terwyl dié vir melkprodukte gedaal het. Die verbruikersprysindeks (VPI) van melk, eiers en kaas het tydens dieselfde periode ook gedaal.

Produsenteprysindeks (Bron: Statistiek SA)
Verbruikersprysindeks (Bron: Statistiek SA)

Klik op die skakel om Oktober 2019 se markoorsig te besigtig. – Dr Frikkie Maré, Universiteit van die Vrystaat.