Rudi van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfsmaatskappy, Samic, gesels op Landbou-neutedop oor die doel van ‘n nuwe graderingstelsel vir beesvleis. ‘n Kontroversiële onderwerp wat verbruikers dikwels onseker het, is dié van geneties gemodifiseerde organismes en waarom dit nodig is. Dr Hennie Groenewald van Biosafety SA gesels hieroor. En dan vertel Flip Steyn van die Landbounavorsingsraad wanneer en hoe die aartappelbedryf in Suid-Afrika begin het. Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.