In die eerste aflewering van Landbou-neutedop, verduidelik dr John Purchase van Agbiz wat die rol van ‘n funksionele landbouwaardeketting tydens die inperkingstyd behels. Klein hoenderboere trek swaar en Izaak Breitenbach van die Pluimveevereniging, gesels oor die hulp wat hulle verleen. Daarna gesels Adri Kitshoff-Botha oor wildboere se inkomste uit die jagseisoen en toerisme. Dr Louis du Pisani verduidelik waarom weidings so ‘n belangrike rol in die rooivleiswaardeketting speel. Luister nou na hierdie onderhoude.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.