Wat is die rol van metrologie in landbou? En wat is metrologie? Eerskomende Vrydag op Landbou-neutedop gesels ons met dr Wynand Louw hieroor. Amerikaanse melkboere trek swaar as gevolg van die Covid-19-inperkings en Bertus van Heerden van Suid-Afrika se Melkprodusente-organisasie, verduidelik hoe die suiwelbedryf in die VSA tans funksioneer. Ons gesels ook met Derick Hanekom van die Sutherland-omgewing oor die droogte in sy gebied. Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.