Die Landbounavorsingsraad het onlangs ‘n studie oor verwoestyning en droogte gedoen. Dr Piet Nel deel eerskomende Vrydagmiddag op Landbou-neutedop ‘n paar van hulle bevindinge met ons. Dan praat dr Charlie Reinhardt oor die demoina-bossie, ‘n indringerplant wat groei waar niks anders wortel skiet nie. En Pieter van der Merwe, ‘n prokureur van George, verduidelik die voordele van lidmaatskap van ‘n brandbestrydingsvereniging.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.