Landboufinansiering is onder die soeklig en dr WA Lombard van die Departement Landbou-ekonomie by die Universiteit van die Vrystaat, vertel in Maandag se aflewering van RSG Landbou hoe die finansieringslandskap tans daar uitsien. Hy gesels oor beskikbare opsies en hoe sake vir veeboere lyk. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word Maandae tot Donderdae om 04:30 soggens uitgesaai. Ons het ons oor op die grond!

Daarna verduidelik Brian de Villiers van Villa Crop Protection waarom goeie gehalte water so belangrik is vir gewasbeskermingsprodukte. Luister nou na dié onderhoud.

Boebie van Rensburg van Hoërskool Klerksdorp vertel meer oor hulle landboukurrikulum. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere, verduidelik op sy beurt watter waarde produksielekke vir vleisbeeste inhou. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met die jongste veilingsnuus deur Hennie Maas. Daarna is Marthinus Botha aan die woord. Hy vertel meer oor Stoffberg Boran se eerste produksieveiling. Luister nou na dié onderhoude .

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Braham SA

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.