Dr Frikkie Maré, landbou-ekonoom en akademiese hoof van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n landboumarkoorsig van die vorige maand se markte. Hierdie is die landboumarkoorsig vir Januarie 2021.

Mieliemark

Die prys van geelmielies het in die eerste helfte van die maand skerp van R3 415/ton tot R3 769/ton gestyg en weer teruggesak in die tweede helfte van die maand om op R3 462/ton te sluit.

landboumarkoorsig
Geelmielieprys. (Bron: Graan SA)

Ekonomiese aanwysers

Gedurende Januarie het die rand teen die vernaamste geldeenhede verswak. Aan die einde van die maand het die rand teen onderskeidelik R15,11 en R18,33 teenoor die dollar en euro verhandel. Vir Desember 2020 het die verbruikersprysindeks (VPI) tot 3,1% gedaal, terwyl die produsenteprysindeks (PPI) konstant op 3% gebly het.

Die prima uitleenkoers vir Januarie 2021 het steeds op 7% gebly. Die ekonomiese groei vir die derde kwartaal van 2020, voorgestel deur die bruto binnelandse produk (BBP), het ná die skerp daling in die tweede kwartaal teruggespring, maar die ekonomie was steeds 6% kleiner as ‘n jaar gelede.

Ekonomiese aanwysers. (Bron: Statistieke SA)
Wisselkoers. (Bron: Graan SA)
Ekonomiese groei. (Bron: Statistieke SA)

Rooivleismark

Die prys van A2-lamkarkasse het gedurende Januarie gedaal, terwyl die prys van B2- en C2-skaapkarkasse effens wisselvalig was, maar sywaarts beweeg het. In die geval van beeskarkasse, het die prys van die A-grade effens gedaal terwyl die prys van B-grade gestyg het en C-grade konstant gebly het.

Vir Januarie was die laaste beskikbare pryse vir A2-, B2- en C2-skaapkarkasse onderskeidelik R81,08/kg, R66,49/kg en R66,87/kg. Vir die beeskarkasse was die A-, B- en C-grade onderskeidelik R49,64/kg, R45,69/kg en R45,06kg. Die prys van speenlammers en -kalwers het in Januarie gestyg.

Die laaste beskikbare pryse vir lammers was R38,01/kg en vir kalwers R37,80/kg. Gedurende Januarie het die prys van huide relatief konstant gebly, terwyl die prys van beide Dorper- en Merinovelle gedaal het.

Skaapvleis. (Bron: RVAV)
Beesvleis. (Bron: RVAV)
Speenkalwers en -lammers. (Bron: AMT)
Velle en huide. (Bron: RVAV)

Wol- en bokhaarmark

Tydens die laaste veiling vir wol in Januarie, het die aanduiderprys met 2% vanaf die vorige veiling verswak en 13,9% laer as ‘n jaar gelede verhandel. Vir bokhaar het die aanduiderprys met 30,5% vanaf die vorige veiling aan die einde van 2020 gestyg, terwyl dit 44,6% hoër as ‘n jaar gelede verhandel het.

Wolmark. (Bron: Cape Wools SA)
Wolmark. (Bron: Cape Wools SA)
Bokhaarmark. (Bron: Sybokhaar SA)
Bokhaarmark. (Bron: Sybokhaar SA)

Suiwelmark

Die verbruikers- sowel as die produsentepryse van melk, eiers en kaas het in Desember gestyg.

Produsenteprysindeks. (Bron: Statistiek SA)
Verbruikersprysindeks (Bron: Statistiek SA)

Klik op hierdie skakel om November 2020 se landboumarkoorsig te besigtig. – Hanel Mans en dr Frikkie Maré, Universiteit van die Vrystaat