Estimated reading time: 5 minutes

Dr Frikkie Maré, landbou-ekonoom en akademiese hoof van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n landboumarkoorsig van die vorige maand se markte. Hierdie is die landboumarkoorsig vir Julie 2021.

Mieliemark

Vir die maand van Julie was die prys van geelmielies wisselvallig, maar het steeds sywaarts beweeg om op ‘n prys van R3 371/ton te sluit.

Mieliemark. (Bron: Graan SA)

Ekonomiese aanwysers

Gedurende Julie het die rand teenoor die vernaamste geldeenhede verswak. Die geldeenheid het onderskeidelik op R14,63 en R17,37 teenoor die dollar en die euro gesluit. Die verbruikersprysindeks (VPI) het tot 4,9% jaar op jaar gedaal, terwyl die produsenteprysindeks (PPI) tot 7,7% gestyg het. Die prima uitleenkoers is steeds konstant op 7%.

Die ekonomiese groei vir die eerste kwartaal van 2021, voorgestel deur die bruto binnelandse produk (BBP), het weereens effens beter vertoon as tydens die vorige kwartaal, maar die ekonomie was steeds 3,2% kleiner as ‘n jaar gelede (voor die eerste Covid-19-inperking sy tol geëis het). 

Die landbousektor se groei was 7,5% jaar op jaar, en hoewel dit vanaf die vorige kwartaal gedaal het, was landbou se groei, persentasiegewys, steeds die hoogste van al die sektore.

Wisselkoers. (Bron: Graan SA)
Ekonomiese groei. (Bron: Statistieke SA)
Ekonomiese aanwysers. (Bron: Statistieke SA)

Rooivleismark

Gedurende Julie het die pryse van lam- sowel as skaapkarkasse toegeneem vanaf die vorige maand. Die pryse van beeskarkasse was wisselvallig, met ‘n effense afwaartse tendens.

Die pryse vir die onderskeie A2-, B2- en C2-skaapkarkasse was R98,90/kg, R82,37/kg en R73,78/kg, volgens die laaste beskikbare pryse. Vir die onderskeie A-, B- en C-grade beeskarkasse, was die onderskeie pryse R51,43/kg, R47,82/kg en R44,18/kg. 

Die pryse van die speenlammers het ‘n effense styging getoon, terwyl dié van speenkalwers effens gedaal het in Julie. Die laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R50,95/kg en R38,31/kg vir speenlammers en -kalwers.

Die pryse van huide en Dorper- en Merino-velle was wisselvallig, maar Merino-velle het toegeneem in prys, terwyl huide en Dorper-velle se pryse ‘n effense afwaartse neiging getoon het.

Skaapvleis. (Bron: RVAV)
Beesvleis. (Bron: RVAV)
Speenkalf en -lam. (Bron: AMT)
Velle en huide. (Bron: RVAV)

Wol- en bokhaarmark

Gedurende Julie was die veilings vir natuurlike vesel gesluit. Tydens die laaste veilings in Junie, het die wolaanduiderprys met 1,5% gestyg teenoor die vorige veiling en 14,2% hoër as as ‘n jaar gelede verhandel. Bokhaar het in Junie met 5,4% gedaal, maar 64,3% hoër as verlede jaar verhandel.

Wolmark. (Bron: Cape Wools SA)
Wolmark. (Bron: Cape Wools SA)
Bokhaarmark. (Bron: Sybokhaar SA)

Suiwelmark

Gedurende Junie het die verbruikersprys van melk, eiers en kaas, sowel as die produsentepryse vir melk, eiers en melkprodukte, gestyg.

Verbruikersprysindeks. (Bron: Statistieke SA)
Produsenteprysindeks. (Bron: Statistieke SA)

Lees Junie 2021 se landboumarkoorsig.Hanel Mans en dr Frikkie Maré, Universiteit van die Vrystaat