Dr Frikkie Maré, landbou-ekonoom en akademiese hoof van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n landboumarkoorsig van die vorige maand se markte. Hierdie is die landboumarkoorsig vir Maart 2021.

Mieliemark

Gedurende Maart het die prys van geelmielies vroeg in die maand `n hoogtepunt van R3 502/ton bereik, waarna die prys stelselmating verlaag het om op R3 142/ton te sluit.

Geelmielieprys. (Bron: Graan SA)

Ekonomiese aanwysers

Die rand het in Maart teen die vernaamste geldeenhede versterk. Die rand het onderskeidelik teenoor die dollar en euro teen R14,84 en R17,39 verhandel. Vir die maand van Februarie het die verbruikersprysindeks (VPI) tot 2,9% gedaal, terwyl die produsenteprysindeks (PPI) tot op 4% gestyg het. Die prima-uitleenkoers is steeds konstant op 7% vir Maart.

Die ekonomiese groei vir die vierde kwartaal van 2020, voorgestel deur die bruto binnelandse produk (BBP), het weereens effens beter vertoon as tydens die vorige kwartaal, maar die ekonomie was steeds 4,1% kleiner as ‘n jaar gelede.  Bietjie goeie nuus is dat die ekonomie in 2020 toe minder gekrimp het as verwag, met die totale inkrimping vir die jaar op 7% in vergelyking met 2019.

Wisselkoers. (Bron: Statistieke SA)
This image has an empty alt attribute; its file name is image-3.png
Economiese aanwysers. (Bron: Graan SA)
Ekonomiese groei. (Bron: Statistieke SA)

Rooivleismark

Gedurende Maart was A2-lamkarkaspryse en C2-skaapkarkaspryse effens wisselvallig, maar het steeds sywaarts beweeg. Die prys van B2-skaapkarkasse het wel afgeneem. Die prys van die A-graad beeskarkasse het toegeneem, terwyl die van die B- en C-grade beide gedaal het. Volgens die laaste beskikbare pryse vir Maart was die A2-, B2- en C2-skaapkarkasse onderskeidelik R82,14/kg, R65,04/kg en R66,97/kg. Die pryse vir beeskarkasse was R51,71/kg, R46,49/kg en R43,00/kg vir die onderskeidelike A-,B- en C-grade.

Gedurende Maart het die prys van speenlammers gestyg terwyl die van speenkalwers effens gedaal het. Die laaste beskikbare prys vir speenlammers was R38,22/kg, terwyl die van speenkalwers R36,96/kg was. Die pryse van die huide en Dorpervelle het tydens dieselfde periode gedaal, terwyl die prys van die Merino-velle gestyg het.

Skaapvleis. (Bron: RVAV)
Beesvleis. (Bron: RVAV)
Speenkalwers en -lammers. (Bron: AMT)
Velle en huide. (Bron: RVAV)

Wol- en bokhaarmark

Die markaanduiderprys van wol het tydens die laaste veiling in Maart met 0,7% verswak van die vorige veiling af en 11% hoër as `n jaar van tevore verhandel. Die aanduiderprys van bokhaar het met 11,1% van die vorige veiling af versterk en het 47,8% hoër verhandel as `n jaar gelede.

Wolmark. (Bron: Cape Wools SA)
Wolmark. Bron: Cape Wools SA
Bokhaarmark. (Bron: Sybokhaar SA)
Bokhaarmark. (Bron: Sybokhaar SA)

Suiwelmark

In die maand van Februarie het beide die verbruikers en produsente pryse van melk, eiers en melkprodukte gestyg.

Produsenteprysindeks. (Bron: Statistieke SA)
Verbruikersprysindeks (Bron: Statistieke SA)

Klik op hierdie skakel om Februarie 2021 se landboumarkoorsig te lees. – Hanel Mans en dr Frikkie Maré, Universiteit van die Vrystaat