Landboumarkoorsig vir November

173
landbouoorsig

Dr Frikkie Maré, landbou-ekonoom en akademiese hoof van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n landboumarkoorsig van die vorige maand se markte. Hierdie is die landboumarkoorsig vir November 2020.

Mieliemark

Die prys van geelmielies het aan die begin van November skerp gedaal voor dit redelik sywaarts verhandel het. Die mark het aan die einde van die maand op R3 467/ton gesluit.

landboumarkoorsig
Geelmielieprys. (Bron: Graan SA)

Ekonomiese aanwysers

Die rand het gedurende November verder versterk teenoor die vernaamste geldeenhede. Aan die einde van die maand het dit teen onderskeidelik R15,40 en R18,42 teenoor die dollar en euro verhandel. Die verbruikersprysindeks (VPI) en produsenteprysindeks (PPI) het in Oktober op ‘n jaargrondslag onderskeidelik met 3,3% en 2,7% gestyg.

Die prima uitleen koers in November het op 7% gebly. Die ekonomiese groei vir die derde kwartaal van 2020, voorgestel deur die bruto binnelandse produk (BBP), het terug gespring na die skerp daling in die tweede kwartaal, maar die ekonomie was steeds 6% kleiner as ‘n jaar gelede.

landboumarkoorsig
Wisselkoers. (Bron: Graan SA)
landboumarkoorsig
Ekonomiese aanwysers. (Bron: Statistieke SA)
landboumarkoorsig
Ekonomiese groei. (Bron: Statistieke SA)

Rooivleismark

Gedurende November het die prys vir A2-lamkarkasse redelik sywaarts beweeg terwyl B2- en C2-skaapkarkasse wisselvallig vertoon het, maar in wese effens afgeneem het. In die geval van beeskarkasse het A-graad se prys ook sywaarts beweeg terwyl B- en C-grade se pryse gestyg het.

Die laaste beskikbare pryse vir beeskarkasse in November was R49,89/kg vir A2, R45,15/kg vir B2 en R43,91/kg vir C2. A2-, B2- en C2-lam- en skaapkarkasse se laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R83,80/kg, R67,59/kg en R66,34/kg.

Die pryse van speenlammers het gedurende November gedaal terwyl speenkalwers se pryse gestyg het. Die laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R38,85/kg vir kalwers en R39,76/kg vir lammers. Die pryse van Dorper- en Merinovelle asook dié van huide het skerp gestyg.

landboumarkoorsig
Skaapvleis. (Bron: RVAV)
landboumarkoorsig
Beesvleis. (Bron: RVAV)
landboumarkoorsig
Speenkalwers en -lammers. (Bron: AMT)
Velle en huide. (Bron: RVAV)

Wol en bokhaarmark

Die aanduiderprys vir wol het tydens die laaste veiling in November met 1,4% verswak teenoor die vorige veiling en 19,5% laer as ‘n jaar gelede verhandel. Die aanduiderprys vir bokhaar het met 1,2% gedaal tydens die laaste veiling in November, maar 9,9% hoër verhandel as ‘n jaar gelede.

Wolmark. (Bron: Cape Wools SA)
Wolmark. (Bron: Cape Wools SA)
Bokhaar. (Bron: Bokhaar SA)
Bokhaar. (Bron: Sybokhaar SA)

Suiwelmark

Die verbruikersprys van melk eiers en kaas het effens gestyg in Oktober, terwyl die produsentepryse van melkprodukte en dié van melk en eiers gedaal het.

Produsenteprysindeks. (Bron: Statistiek SA)
Verbruikersprysindeks (Bron: Statistiek SA)

Klik op hierdie skakel om Oktober 2020 se landboumarkoorsig te besigtig. – Dr Frikkie Maré, Universiteit van die Vrystaat