Grootplaas fokus nie net uitsluitlik daarop om kennis na boere en ander rolspelers in die bedryf oor te dra nie – die verbruiker kry ook ‘n kans om meer oor die rol van landbou in die alledaagse lewe wys te raak.

Aartappels vorm al vir eeue deel van ‘n gebalanseerde dieet, maar deesdae begin heelwat verbruikers van stysels soos aartappels wegskram. ‘n Dieetkundige, Claire Julsing Strydom, meen egter gesonde koolhidrate is noodsaaklik in ‘n dieet. Sy gesels met ons oor aartappels se voedingswaarde en hoe sekere gaarmaakmetodes hierdie voedingswaarde kan verander. Daarna kuier Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie weer in die ateljee om oor hulle inisiatiewe te gesels.

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas