Lynette Louw, uitvoerende hoof van Plaas Media, aanbieder van die kompetisie, Chéri-Lynn Steyn, Mario van den Heever, Darren Maree en Koos Nel van Old Mutual Agri, naamborg van die kompetisie.

Plaas Media het verlede jaar die Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie van stapel gestuur. Old Mutual het vanjaar sy borgskap van dié eerste-van-sy-soort kompetisie herbevestig, en inskrywings vir 2019 het onlangs gesluit. Koos Nel van Old Mutual gesels in 28 Junie se aflewering van Grootplaas hieroor. Daarna kuier Thinus van Zijl van Agri Gauteng in die ateljee, om ons meer oor dié organisasie se bedrywighede te vertel. 

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas