Heelwat klem word die afgelope paar jaar op bewaringsboerdery en die impak wat dit op die toekoms van landbou kan hê, geplaas. Ander lande soos Argentinië is reeds ver gevorder wat hierdie praktyke betref, en kan Suid-Afrika sonder twyfel ‘n ding of twee leer. Kyk in 21 Augustus 2019 se aflewering van Grootplaas na ‘n insetsel oor een van hierdie leerskole, ‘n Argentynse geenbewerkingsboeredag wat in September aangebied gaan word.

Daarna kuier dr Morné du Plessis van die Wêreldnatuurlewefonds in die ateljee om oor hulle doen en late te gesels. 

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas