Hoewel baie mense korttermynversekering beskou as ‘n teensinnige uitgawe, is landbouversekering ‘n móét. Boere staar baie meer uitdagings en risiko’s in die gesig as die meeste ander kommersiële ondernemings. Dit sit landbouversekering in ‘n klas van sy eie.

Kontantvloei is vir meeste boere ‘n wesenlike probleem. Alhoewel hulle meestal ryk is aan bates, is die bankbestuurder se behoefte dat daar geld in die bank moet wees. Ongelukkig het korttermynversekering, of versekering oor die algemeen, ‘n direkte impak op boere se kontantvloei. Boere sien ‘n besnoeiing aan versekering dikwels as ‘n meganisme om kontantvloei te verbeter. Die rede vir versekering is egter juis om jou in dieselfde posisie te plaas wat jy was vóór ‘n verlies.

Boere moet dus hul boerderye verstaan en weet watter hefbome die boerdery laat werk. Andries Wiese van Hollard Insure gesels nou hieroor. Maak ook seker jy besoek die Hollard-stalletjie in die Engen-saal, stalletjie P6, tydens vanjaar se #NampoVirtueel.

Hollard en landbouversekering 

Niemand verstaan die behoefte aan risikobeskerming beter as ‘n boer nie. Of dit nou klein en onafhanklik of ‘n groot kommersiële onderneming is, die aard van landbou beteken dat hulle elke dag met uitdagings gekonfronteer word.

Namate landbou geleidelik meer gesofistikeerd raak, word beskerming teen die risikos daaraan verbonde ook meer ingewikkeld. Hollard bied gespesialiseerde dekking teen hierdie risiko’s en kenners staan gereed om al jou versekeringsvrae te antwoord.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Hollard Insure.