Wie het gesê presisieboerdery hoort nie by veeboerdery nie? Veeboerdery, net soos enige ander boerdery, verg ’n wetenskaplike benadering en ons grootste en mees suksesvolle veeboere sal jou vertel dat presisieboerdery deur middel van behoorlike rekords en beplanning, die basis van hulle sukses is. In hierdie uitgawe bespreek WA Lombard en Danfrid Morolong van die Universiteit van die Vrystaat presisieboerdery in praktyk.

Kuier saam in plaasbesoeke by Neels de Villiers van Senekal, jongboer Diederik Vermeulen, Sparta Baby Beef, Namibiese boer Piet Gouws en Sundale Free Range Dairy in die Oos-Kaap. Lees ook oor die geskiedenis van Agro-Expo, besoedeling en foute in die Suid-Afrikaanse skeersel, die potensiaal van wildsvleis, goeie voervloeibeplanning, die verantwoordelike gebruik van skokstokke, die kompleksiteit van inenting en baie meer.

Kry jou uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Gaan na die “Teken in”-blad vir meer inligting. Die maandelikse uitgawe van Veeplaas is nou ook as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar. Die huidige uitgawe kan by www.magzter.com aangekoop word.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here