Lubrication Engineers (LE) Suid-Afrika maak tans voorloper produkte beskikbaar in die vorm van pasmaak-waardepakkette vir gereelde gebruikers van smeermiddels in die landbou-, seevaart- en marinebedrywe.

Lees dit in Engels.

Volgens Callum Ford, LE Suid-Afrika se nasionale bemarkingsbestuurder, bondel hulle tans hul produkte in kleiner waardepakkette, sodat daar in kliënte se daaglikse smeermiddelbehoeftes voorsien word sonder die nodigheid om groot industriële houers te koop. “Hierdie aanbod bied beter waarde vir kleiner gebruikers en hulle geniet ook toegang tot produkte wat hulle dalk nie voorheen kon gebruik nie. Dit bied die moontlikheid van bogemiddelde werksverrigting – heelwat beter as generiese opsies.”

Pasmaak-waardepakkette vir spesifieke behoeftes

Volgens Ford sal kliënte hierdie waardepakkette op grond van hul unieke smeermiddelbehoeftes kan aanpas. Hier is ‘n paar van die produkte wat in hierdie formaat beskikbaar is:

  • 8800 Monolec Ultra® Enjinolie: ‘n SAE 15W-40 enjinolie wat uitstekende verlengde dreinering bied vir dieselenjins in mobiele toerusting asook vir stilstaande opwekkers, met die voordeel van verhoogde brandstofdoeltreffendheid, betroubare werksverrigting onder alle weersomstandighede en uitstekende beskerming teen slytasie.
  • Wirelife® Monolec® Penetrerende Smeermiddel (2001): Die perfekte penetrasiemiddel vir die hantering van roes in vaartuie en marine-toepassings. Hierdie produk bied uitstekende weerstand teen verwering met kenmerkende hoëladingskapasiteit. Dit dring staalkabels binne, hetsy of hulle werk of stilstaan. Dit dien ook as ‘n uitstekende penetrerende smeermiddel vir alle groottes kettings.
  • Wirelife® Almasol® Beskermende Smeermiddel (2002): ‘n Beskermende middel vir vaartuie en marine-toepassings. Hierdie produk is ‘n vloeibare staaltou-smeermiddel wat ‘n tawwe deklaag vorm. Dit seël en beskerm die kabel teen verwering, slytasie en roes, selfs onder uiterste ladings en vogtoetstande.
  • Almatek® Veeldoelige Smeermiddel (1232 and 1233): EP-ghries vir marine-toepassings (onder andere) met die voordeel van meer werkstyd, verlaagde instandhoudingskoste en laer smeermiddeluitgawes.
  • OSE II: OSE II word beskou as die wêreld se mees omgewingsvriendelike en kostedoeltreffende bio-hulpmiddel. Dit word aangewend om letterlik enige volume gevaarlike afval, stortings en besoedeling teen te werk. Biologiese ensieme word gebruik om afval te omskep in ‘n natuurlike voedingstof vir bakterieë in akwatiese omgewings. Ideaal vir landbouverwante of marine oliestortings of opruiming.
  • Full Torque™ Dieselverbeteraar (2411): Full Torque is ‘n setaanversterkte formulasie wat ‘n seep-element bevat. Dit verhoog kragtigheid, verbeter brandstofdoeltreffendheid, verminder vrystellings en voorsien deurlopende gladder werksverrigting in dieselenjins. Kan in alle dieselenjins gebruik word.

Vir meer inligting oor die waardepakkette, of om meer uit te vind oor pasmaak oplossings vir ‘n spesifieke omgewing of toepassing, kontak LE South Africa.

Vir meer inligting, besoek www.lubricationengineers.co.za of kontak Callum Ford by tel 011 464 1735 of epos [email protected].

Lubrication Engineers (LE) South Africa verteenwoordig die LE-handelsmerk in Suid-Afrika, Botswana, Namibië, Mosambiek, Zimbabwe en Zambië. LE besit die regte op die Suider-Afrikaanse LE-handelsmerk, ‘n internasionaal erkende spesialissmeermiddel.

Deur middel van LE Incorporated, is hulle ook ‘n lid van ‘n wêreldwye netwerk van maatskappye in Europa, Suid-Amerika, Asië en Afrika. LE Incorporated is ook werksaam in die VSA en dek sodoende Noord-Amerika, Meksiko en die VSA.

LE bied hoë-werksverrigting-, swaardiens-, topgehalte smeermiddels vir feitlik enige bedryf en toepassing, tesame met kundige tegniese advies en ondersteuning.