Die BKB Merino Classic is jaarliks ’n groot hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse Merinobedryf se kalender. Die BKB Merino Classic 2018 vind op 15 en 16 Februarie tydens Riversdal se 150ste bestaansjaar-skou plaas.

Die program sluit in die beoordeling van die Suid-Kaap Ambassadeursklas, die OVK Merino Wolbaaldra-kompetisie, die 9de BKB Nasionale Merino Veldskou in verskeie klasse en die BKB Merino Classic-dinee.

Die beoordelaars vir die veldskou is Keith Coetzee van BKB Williston, Kobus Louw van BKB Swellendam, Francois Viljoen van OVK Richmond en Cor Uys van OVK Middelburg. Die skeidsregter-keurder is Jako Meyer van Middelburg.

Volgens Danie Vorster, bestuurder van Merino SA, is dit ’n baie belangrike geleentheid vir die Merinobedryf. “Dit gee aan Merinotelers ’n geleentheid om hul skape ten toon te stel en gee aan ander kleinveeboere die kans om die beste Merino’s in die land te sien.”

Volgens Danie skep dit ook ’n platform vir maatskappye wat in die bedryf betrokke is om hulle dienste of produkte ten toon te stel, asook vir interaksie en die uitruil van kennis tussen boere en ander rolspelers in die bedryf. “Dit gaan die afgelope paar jaar baie goed met die Merinobedryf en die BKB Merino Classic is die perfekte geleentheid om dit te vier.”

Vir meer inligting, skakel Danie Vorster by 082 571 2742 of 049 892 4148, of stuur ’n epos aan merinosa@eastcape.net of merinoram@eastcape.net. – Merino SA

Kliek hier vir meer inligting oor die verskillende kampioenskapsklasse.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here