Mopanie se miellieland

Die sewende viering van Huis Mopanie, ’n manskoshuis van die Universiteit van Pretoria, se oesdag vind op 20 Mei 2017 plaas. Die Mopanie-oesdag is in 2011 die eerste keer gehou en is daardie jaar deur 1 000 studente bygewoon. Vanjaar word sowat 7 000 studente en ander belangstellendes verwag. Die oesdag is begin toe ’n paar Mopanie-manne ’n lappie mielies voor die koshuis geplant het en met die oes van die mielies groot feesgevier het.

 

Die oesdagkomitee is, van links, voor: Christoph Berndt, Juan van Zyl, André du Toit, Charl Minaar en Rynhardt Bezuidenhoudt; agter: Chris van der Merwe, Johan Theunissen, Michiel de Villiers, Casper Kotzé en Nicolaas de Beer.

Die dag is een van die grootste in sy soort wat deur ’n universiteitskoshuis gereël word. Die koshuis skenk elke jaar ’n persentasie van die mielieopbrengs en die wins van die geleentheid aan liefdadigheidsorganisasies. Vanjaar sal die volle opbrengs van die mielies en 50% van die wins aan Heifer SA, ’n liefdadigheidsorganisasie wat werk om armoede en hongersnood in Suid-Afrika te beëindig, geskenk word.

 

 

Die dag gaan groot pret wees en sluit aktiwiteite soos die Mej Mielie-skoonheidskompetisie en die jaarlikse mielie-eet in. Die sewende Mopanie-oesdag vind op Saterdag 20 Mei van 11:00 tot 19:00 plaas. – Imele Loubser, AgriOrbit

 

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here