
’n Melktert kan tradisioneel met ’n skilfer- of ’n brosdeeg gemaak word. Ons het vir Wêreld-melktertdag (27 Februarie) ’n melktertresep uit ‘Boerespyse: Resepte en kospraatjies rondom die Anglo-Boereoorlog’ geneem wat ’n broskors het. Dis mos nou plaaskos!
Bestanddele
Broskors:
- 250g botter
- 25ml suiker
- 2 eiers
- 625ml koekmeel
- Knippie sout
- 10ml bakpoeier
Vulsel:
- 1½ liter melk
- 7 eiers, geskei
- 375ml suiker
- 250ml koekmeel
- 250g botter
- 5ml vanieljegeursel
Metode
- Kook die melk in ’n kastrol.
- Klits die eiergele en suiker saam.
- Voeg die koekmeel by die eiermengsel en roer dit by die kokende melk.
- Roer gedurig tot dik en gaar.
- Verwyder van hitte en roer die botter en vanielje by.
- Vou die styfgeklitste eierwitte in.
- Skep die vulsel in die tertborde.
- Bak by 180°C vir 20 tot 30 minute.
Daar is ook ’n paar interessante variasies. Voeg 2ml amandelgeursel by die mengsel voordat die eierwitte bygevoeg word of kook 3 perskeblare saam met die melk. Tradisioneel is daar ook soms 7ml fyn gerasperde lemoenskil, net voor die eierwitte, by die mengsel gevoeg. – Ursula Human, Plaaskos
Die hutsmerk, #melktertdag, is vandag gewild op sosiale media. Klik hier om van die oulike ‘tweets’ te sien.