In 30 Augustus 2018 se aflewering van Grootplaas kuier Birdlife South Africa en die Landbounavorsingsraad in die ateljee.

Met die natuurlike habitats van wildlewe wat krimp, begin heelwat voëlspesies ook nou aan die kortste end trek. Ernst Retief van BirdLife South Africa kuier in die ateljee om oor ‘n paar van die bedreigde voëlspesies in Suid-Afrika, en hoe boere kan bydra tot die bewaring van hierdie voëls, te gesels. Daarna praat prof Sue Walker van die Landbounavorsingsraad met ons oor klimaat, en waarom voldoende inligting oor klimaat so belangrik is.

Nuusborg: Gallagher

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas