Dis amper weer tyd vir die jaarlikse FAMACHA-skaapdag. Na ‘n uitstekende skaapdag in 2018, sal daar vanjaar weer ‘n dag aangebied word en alle belangstellendes word genooi om te registreer. Sluit aan by dok Faffa Malan, prof Gareth Bath en dr Pieter Vervoort vir die 2019 FAMACHA-skaapdag wat op 27 Julie in die Rosendal-stadsaal gehou gaan word.

Kaartjies is beskikbaar teen R200 per persoon (spitbraai-middagete ingesluit). Vir meer inligting en om te RSVP, kontak Neville Raath by 081 020 4312 of epos nevofs@gmail.com. Beperkte plek beskikbaar, so bespreek nou!

FAMACHA skaap dag