Oesreste is ‘n baie belangrike komponent in enige veeboer se voervloeiprogram. Sonder oesreste of verdroogde plantmateriaal sou dit baie moeilik wees om vee in die somersaaigebiede te oorwinter, veral gedurende droogtejare. Dit kom egter teen ‘n prys, en boere moet bedag wees op ‘n hele paar beslissende faktore wanneer vee op oesreste geplaas word. Dr Josef van Wyngaard van Voermol gesels nou hieroor.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Voermol