Mango’s is veelsydige vrugte wat die afgelope ruk volop in plaaslike supermarkte is. Chanelle Retief van NutriFundi het in die Grootplaas-ateljee gekuier om oor die voedingswaarde van dié vrugte te gesels. Sy het ook ’n heerlike hoender-, avokado- en mangoslaai-resep met ons gedeel. Kyk gerus weer na haar video op Grootplaas en probeer jou hand met die maklike resep hieronder.

Hoender-, avo- en mangoslaai

Wie sou kon raai hoe lekker is ’n mango in ’n slaai?

Bestanddele

Slaai

2 medium hoenderborsies

½ t knoffelsout

⅛ t swartpeper

2 t olyfolie

6 koppies blaarslaai, opgesny in kleiner stukkies

½ koppie klein tamaties, halveer

½ komkommer, in skywe gesny

1 mango, in blokkies gesny

1 avokado, in blokkies gesny

½ klein rooiui, in klein stukkies gesny

¼ koppie koljander, fyn gesny

½ koppie amandels, in klein stukkies gekap

Heuningsous

½ koppie olyfolie

2 eetlepels appelasyn

2 t Dijon mosterd

2 t heuning

1 knoffelhuisie, fyngemaal

1 t sout

¼ t swartpeper

Metode

1. Sny hoender in kleiner stukkies. Geur met knoffel, sout en peper. Braai in olyfolie tot goudbruin.

2. In ’n aparte bak – meng die blaarslaai, tamaties, komkommer, mango, avokado, uie en koljander.

3. Meng al die bestanddele vir die sousie.

4. Meng alles saam en geniet. – Chanelle Retief, NutriFundi