Dr Frikkie Maré, akademiese departementshoof van die Departement Landbou-Ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig van die vorige maand se landboumarkte.

Read it in English. 

Mieliemark

Die prys van geelmielies het gedurende die grootste deel van Januarie opwaarts geneig, voordat dit gedurende die laaste week begin terugsak het. Die mark het op R2 647/ton gesluit.

 

Ekonomiese aanwysers

Die rand was na ’n slegte Desember vir die grootste gedeelte van Januarie op die wenpad, en het teen onderskeidelik R13,29 en R15,20 teenoor die dollar en euro verhandel. Verbruikersprysinflasie (VPI) het in Desember verlangsaam tot 4,5%, terwyl produsenteprysinflasie (PPI) ook effens verlangsaam het tot 5,2%. Ekonomiese groei vir die derde kwartaal van 2018, voorgestel deur die BBP, het met 1,1% op ’n jaar-tot-jaar-grondslag gestyg.

 

Rooivleismark

Gedurende Januarie het ’n verskeidenheid faktore die pryse van rooivleis onder druk geplaas. Die laaste beskikbare pryse vir beesvleis in Januarie was R39,78/kg vir A2, R37,21/kg vir B2 en R37,77/kg vir C2. A2, B2 en C2 lam- en skaapkarkasse se laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R61,54/kg, R60,40/kg en R51,39/kg. In die geval van speendiere het veral die prys van speenkalwers onder druk gekom in Januarie. Die pryse was onderskeidelik R27,53/kg vir kalwers en R31,63/kg vir lammers. Die prys van huide, Dorper-velle en Merino-velle het gedaal in Janurie.

 

Wol- en bokhaarmark

Die indikator prys van skoonwol het tydens die laaste veiling van Januarie effens verswak en het 2,7% laer verhandel as tydends die vorige veiling. Die indikator prys was egter steeds 13,8% hoër as ’n jaar gelede. Daar was nie enige sybokhaar-veilings in Januaire nie. Die indikator prys van sybokhaar het tydens die veiling in Desember 4,1% laer verhandel as tydens die vorige veiling, maar was 16,1% hoër as ’n jaar gelede.

 

Suiwelmark

Die produsenteprysindeks van melk en eiers het in Desember vir die eerste keer die afgelope jaar gestyg, terwyl die indeks van melkprodute ook gestyg het. Die verbruikersprysindeks van melk, eiers en kaas het tydens dieselfde periode effens gedaal.

Gallery: 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here